Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Brandaan-siklus (2) "Swart Kop" deur D.J. OPPERMAN
Brandaan-siklus (2) "Swart Kop" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50017] Wo, 12 September 2001 21:46
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit Die Brandaan-siklus
D.J. Opperman

Swart Kop

Daar lê waar hierdie stad sak word en roes
en afloopwaters in suur modderbelle
uit die agterbuurte van die aarde wel,
'n strooisgroot kop met hare dig en kroes
en oë soos paddastoele uit die grond.
Ek het geroepe om die kop geloop
en wou dit met die westerwaters doop,
toe sing meteens ou impi's uit die mond:
"Ek ken die aarde reeds waarop jy boer,
en wil nie by jou in die hemel wees,
maar eerder met voorvaderlike geeste
uit die hel Unkulunkulu roer.
Gaan die wit woede van my oog verby -
jy het my kop reeds van die lyf gesny."
Vorige onderwerp: Die Brandaan-siklus: Brandende Boek deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Die Brandaan siklus (3) "Lintwurm" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:21:18 MGT 2024